Skoolhoof

Mnr. Nico Burger (Waarnemende Skoolhoof) is sedert 2022 adjunkhoof van Hugenote Hoërskool. Hy verwerf sy BA Sportwetenskapgraad (Sosiologie en Geografie), Nagraadse Onderwys Sertifikate en ‘n Gevorderde Diploma in Skoolleierskap en Bestuur (Adv Dip SLM) aan Stellenbosch Universiteit.
Dit is vir my ‘n groot voorreg om u en u kind by die Hugenote-familie te verwelkom. Hoërskool is een van die grootste mylpale in ‘n jongmens se lewe en ons is bevoorreg dat Hugenote Hoërskool deel vorm van soveel families regoor die land se opvoeding en herinneringe.
I accept the responsibility of serving as acting principal for 2026 with a deep awareness of the trust that is placed in the school. During the four years in which I have been involved with this exceptional institution, I have learned that there is no such thing as the “best school”, but rather “the best school for your child”.
Ons uitgangspunt is eenvoudig: ‘n Gelukkige kind wat veilig en raakgesien voel, is ‘n kind wat betrokke is en presteer. Onderwys gaan vir ons oor veel meer as net akademiese resultate; dit gaan oor die vorming van karakter. Ons doel is om ‘n omgewing te skep waar elke leerder aangemoedig word om hul unieke talente te ontdek, of dit nou op die sportveld, die verhoog, en/of in die klaskamer is.
Hugenote Hoërskool staan op ‘n sterk fondament van waardes en tradisies, maar ons kyk met ‘n moderne oog na die toekoms.
In 2026 we will strive to focus on:
– Maintaining academic excellence by protecting instructional time and strengthening self-discipline.
– Promoting inclusivity where everyone in Huguenot feels “jou êrens is híér”.
– Cultivating resilience so that our learners can tackle the challenges of the 21st century with integrity and confidence.
Die sukses wat u kind behaal is afhanklik van die hegte band in die “goue driehoek” tussen skool, leerder en ouerhuis. Ons heg groot waarde aan oop, eerlike en opbouende kommunikasie en streef na deursigtigheid in alles wat ons doen. Saam kan ons verseker dat hierdie vyf jaar nie net ‘n skoolloopbaan is nie, maar ‘n vormingsproses wat leerders voorberei om as leiers die samelewing in te stap.
