Kultuur & Verenigings
Hugenote Hoërskool roem op hul puik kultuurprestasies. Ons kultuurikoon en oudleerder, Breyten Breytenbach sê die volgende:
Leaving traces of ourselves, as in the creative productivity, could then be seen as part of the definition of consciousness for us as well. We know that in order to progress we must stretch for something just out of reach – if only for a life that will be more compassionate and decent than the cruelty, paranoia, greed, narrow corporatism, or narcissism we mostly indulge in and find such ample justification for. And so we dream…
Debat
Ons neem aan die ATKV se debatskompetisie deel waar ons senior sowel as junior spanne gereeld vir die eindrondte kwalifiseer en al meermale die kompetisie gewen het. Ons neem ook aan die DF Malan se Dink-of-Sink debatskompetisie deel. Ons was al wenners van die Historium debatskompetisie en neem ook aan die WOW-debatfees in Stellenbosch deel.
English Debating
We have a junior as well as a senior debating team in the Western Cape Debating Society. This competition promotes unprepared, impromptu thinking skills.
Redenaars
Ons neem jaarliks aan die ATKV se redenaarskompetisie deel en het al verskeie deelnemers in eindrondtes gehad. Vanaf 2014 het ons in onderskeidelik Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal-afdelings, nasionale finaliste, wenners en 2de tot 8ste posisies landswyd behaal.
Op-die-planke
Hugenote het die afgelope paar jaar topklas musiekblyspele opgevoer wat aand na aand vol sale getrek het. In 2016 voer ons die pragtige “Beauty and the Beast” op, in 2017 die immer-gewilde “Sound of Music”, “Grease” in 2018 en in 2019 “Annie”. Gedurende die produksies is leerders bevoorreg om met mense te werk wat steeds aktief in die vermaaklikheidsbedryf staan.
Skoolkoor
Ons gemengde koor van sowat 90 lede tree dikwels op en vaar goed in die ATKV Applouskompetisie. In 2013 was hulle die Wes-Kaapse wenners in hulle afdeling. Ons koorleier is Johann Enslin en die begeleier is Winand Grundling, bekroonde pianis en orrelis. Tweejaarlikse toere word na die uithoeke van die land en Namibië gereël.
Die koor het in 2018 aan die World Choir Games deelgeneem waar hulle in twee kategorieë onderskeidelik ‘n goue en silwertoekenning ontvang het.
Eisteddfod
Hugenote is bekend vir die groot groep deelnemers wat elke jaar aan die verskillende voordragafdelings vir prosa en poësie deelneem. Redevoering is deesdae ook ‘n gewilde afdeling. Leerders word intensief afgerig en behaal topprestasies. Die sang- en dramaleerders neem ook deel. Trofeë word gereeld in verskillende kategorieë ingepalm.
Televisie
Die Blackies se terrein en skoolgebou is glad nie ‘n onbekende gesig nie. Ons was al by verskeie geleenthede op Skole Top-10 en ons is ook die tuiste vir die alombekende kykNET TV-reeks, AllesMalan, wat in ons skoolgebou afspeel.
Leerlingraad | VRL
Die Blackie-leerlingraad en VRL sorg vir verskeie geleenthede om die Blackie-belewenis lewendig te hou. Van die grootste geleenthede wat hul deur die jaar aanbied, is die gewilde Mnr. en Mej. Hugenote, Valentynsbal, Graad 10-bal, Winterbal en verskeie opwindende aktwiteite, veral tydens ons Winterinterskole. At Huguenot we believe that we are co-dependent on our community; we also need to give back to the community as we receive so much. We support communities and charities close to our school with projects such as the collection of non-perishable food products, school books and stationery as well as renovation of some rural school buildings.
Koerant
Hugenote se skoolkoerant, Die Black(e)mail, word vier keer per jaar uitgegee. Die koerant word beskikbaar gestel in gedrukte en digitale formaat. Die redaksie bestaan uit ‘n redakteur en sub-redakteur met ‘n redaksionele span van 10 lede. Hierdie lede word deur ‘n streng keuringsproses verkies. Daar is ook ‘n digitale span wat die koerant set en druk. Die redaksie skryf oor skoolbedrywighede, onderwerpe waarin tieners belangstel en ook nuus van die dag wat tieners raak.
First Aid
First aid at Huguenot High School plays an important role in securing and maintaining a safe playing environment for all sports codes on sport days. By joining first aid at Huguenot, learners can enroll in first aid courses facilitated by the school, to enrich and educate themselves. Learners have the option to enroll in courses for level 1, 2 or 3 (which is a 3 year SAQA accredited qualification). The vision for the years to come, is to have every learner, in the first aid club, level 3 accredited as it equips the learner with advanced skills in First Aid as well as having a qualification and a good reference on their CV.
Mnr. & Mej. Hugenote
Die gewilde geleentheid op elke Blackie se kalender vind jaarliks plaas met ‘n geselekteerde groep graad 11-leerders wat die gehoor vermaak met hul unieke danspassies en uitbeelding van temas. Bekendes soos Schalk Bezuidenhout, Izak Davel en Gideon Lombard is maar net ‘n paar van die bekendes wat al as gaskunstenaars en aanbieders by hierdie geleentheid opgetree het.
Lentetee
Die Hugenote Lentetee met beroemde sprekers wat optree, is ‘n jaarlikse instelling, wat al vir meer as 40 jaar ‘n gesogte byeenkoms op Wellington se sosiale kalender is.
Interskole-orkes | Drumline
Sing songs is ‘n prominente deel van die Hugenote-ervaring. Ons orkes, Blackout, oefen en tree reg deur die jaar op by verskeie informele geleenthede en bevat ‘n verskeidenheid van instrumente soos elektriese kitaar, baskitaar, klawerbord, tromme en viool. Dis ook vir baie van ons leerders ‘n groot plesier om deel te wees van en dit maak ook ‘n belangrike deel uit van ons sing songs tydens interskole.
Tegniese Span
Die techiTEAM is ons skool se tegniese span wat opleiding ondergaan en ondervinding opdoen in klank, beligting en ander tegniese aspekte van teater. Lede van die tegniese span is bevoorreg om te werk met van die mees gevorderde toerusting en sagteware in die industrie, onder andere digitale mengbanke, geoutomatiseerde beligting en beligtingsagteware, gevorderde multiskermprojeksies en veel meer.
Blackies 4 Christ
Blackies 4 Christ bied ‘n geestelike tuiste vir baie van ons leerders. Daar is nie net kwantitatiewe groei nie, maar ook ‘n besliste kwalitatiewe groei waar jongmense radikale keuses maak VIR Jesus. Die visie is “Hugenote vir Christus!”.
Fotografie
Ons fotografieklub poog om gereeld te vergader. Hier leer ons hoe die kamera werk en ons oefen verskillende tegnieke. Leerders word aangemoedig om foto’s tydens sport- en ander funksies by die skool te neem. Foto’s word op Facebook en Instagram geplaas en ook in ons skoolkoerant gebruik. Daar is ook gereeld fotokompetisies by die skool waaraan leerders kan deelneem.