Kultuur & Verenigings
Hugenote Hoërskool roem op hul puik kultuurprestasies. Ons kultuurikoon en oudleerder, Breyten Breytenbach sê die volgende:
Leaving traces of ourselves, as in the creative productivity, could then be seen as part of the definition of consciousness for us as well. We know that in order to progress we must stretch for something just out of reach – if only for a life that will be more compassionate and decent than the cruelty, paranoia, greed, narrow corporatism, or narcissism we mostly indulge in and find such ample justification for. And so we dream…
Debat
Ons neem aan die ATKV- en Con Spirito-debatskompetisies deel waar ons senior, sowel as junior spanne, presteer. Ons dring gereeld na die provinsiale semi-finaal van die ATKV kompetisie deur en neem aan die nasionale finaal van Con Spirito deel. Ons neem ook aan DF Akademie se Dink-of-Sink debatskompetisie en verskeie ander kleiner kompetisies deel.
English Debating
We have junior as well as senior debating teams in the Western Cape Debating Society. This competition promotes unprepared, impromptu thinking skills. We also participate in the Provincial Competition of this league where our speakers are regularly recognised as Best Speakers for their debates.
Redenaars
Ons neem jaarliks aan die ATKV- en Con Spirito-redenaars-kompetisie deel. Ons leerders dring jaarliks deur na die nasionale eindrondtes en behaal gereeld top 10 plekke. Leerders presteer in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal.
Op-die-planke
Hugenote bied topklasproduksies aan wat aand-na-aand vol sale trek. Vanaf 2016 tot 2024 voer ons die volgende blyspele op: Beauty and the Beast, Sound of Music, Grease, Annie, Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, Hairspray en West Side Story. Gedurende die produksies is leerders bevoorreg om met mense te werk wat steeds aktief in die vermaaklik-heidsbedryf werk. Sedert 2024 word daar ook gefokus op toneelspel en word die eerste kampe-toneelgeleentheid gehou. Hier word leerders uitgedaag om toneelstukke self te skryf, die rolverdeling te kies en die regie te behartig. In 2025 begin ons ook ‘n reisende toneelgeselskap wat aan die Montagu Jeugtoneelfees deelneem.
Skoolkoor
Ons gemengde koor van sowat 100 lede tree dikwels op en vaar goed in die ATKV-Applouskompetisie. Ons koorleier is mnr. Johann Enslin en die begeleier is mnr. Marvin Booysen. Tweejaarlikse toere word na die uithoeke van die land en Namibië gereël. Die koor het in 2018 aan die World Choir Games deelgeneem waar hulle in twee kategorieë onderskeidelik ‘n goue en silwertoekenning ontvang het. Tydens die 2022 ATKV Applous-kompetisie, wen die koor die afdeling, Meriete: Gemengde Hoërskoolkore landswyd.
Eisteddfod
Hugenote Hoërskool is bekend vir die groot aantal leerders wat jaarliks aan die Eisteddfod deelneem. Ons leerders neem met entoesiasme deel aan verskeie afdelings, waaronder prosa- en poësievoordrag, kreatiewe skryfwerk en voorbereide lees in beide Afrikaans en Engels, asook musiek en visuele kuns en ontwerp. Deelnemers word doelgerig begelei om hul volle potensiaal te ontwikkel, wat daartoe lei dat Hugenote-leerders jaarliks uitstaande prestasies behaal. Oor die afgelope twee jaar alleen het ons skool verskeie kategorie-wenners opgelewer en talle trofeë in verskillende afdelings verower.
Orkeste
Hugenote se skoolorkes en Big Band het amptelik aan die einde van 2022 begin. Die orkes se repertorium strek van ligte klassieke musiek tot volle orkeswerke. Hul tree gereeld op by verskeie geleenthede in en om Wellington. In 2025 word die Big Band genooi om by die Baxter Teater se High School Jazz Festival op te tree – ‘n merkwaardige prestasie. Ons Blackout Band dra by tot die gees op ons pawiljoen gedurende interskole.
Televisie
Die Blackies se terrein en skoolgebou is glad nie ‘n onbekende gesig nie. Ons was al by verskeie geleenthede op Skole Top-10 en ons is ook die tuiste vir die alombekende kykNET TV-reeks, AllesMalan, wat in ons skoolgebou afspeel.
Leerlingraad | VRL
Die leerlingraad en VRL sorg vir verskeie geleenthede om die Blackie-belewenis besonders te maak. Van die grootste geleenthede wat hulle deur die jaar aanbied, is die gewilde Mnr. en Mej. Hugenote, sysaalkonserte, kuns- en fotografie-kompetisies, Valentynsbal, Winterbal en verskeie opwindende aktiwiteite – veral tydens ons Winterinterskole.
At Huguenot we believe that we are co-dependent on our community; we also need to give back to the community. In 2026 our main focus will be supporting Blouvlei Akademie, the Western Cape Blood Service and special emphasis will be placed on early childhood development at our community pre-schools.
Die VRL is daartoe verbind om die leerders se belange te bevorder. Hulle hou gereeld fondsinsamelings wat hulle uitsluitlik gebruik vir die skool en sy leerders. The Student council aim to develop leaders who can play a role in the changing dynamic and challenges that exist in the world.
Koerant
Fleur is die skoolkoerant wat ‘n stem vir ons leerders wil wees. Leerders wat verslag wil doen van ons buitemuurse sowel as akademiese program, word betrek. Enigeen wat wil skryf word verwelkom – en die nodige leiding gegee. Fleur gee ‘n kykie in die spore wat getrap word in ons gange en op die terrein. Artikels verskyn deurlopend op sosiale media.
First Aid
First aid at Huguenot High School plays an important role in securing and maintaining a safe playing environment for all sports codes on sport days. By joining first aid at Huguenot, learners can enroll in first aid courses facilitated at the school, to enrich and educate themselves. Learners have the option to enroll in courses for level 1, 2 or 3 (which is a 3 year SAQA accredited qualification). The vision for the years to come, is to have many learners, in the first aid club, level 3 accredited as it equips the learner with advanced skills in First Aid as well as having a qualification and a good reference on their CV.
Mnr. & Mej. Hugenote
Die gewilde geleentheid op elke Blackie se kalender vind jaarliks plaas met ‘n geselekteerde groep graad 11-leerders wat die gehoor vermaak met hul unieke danspassies en uitbeelding van temas. Schalk Bezuidenhout, Izak Davel, Germand Geldenhuys, Jonathan Roxmouth, Willem Botha, Pierre van Heerden, Brandon October en Gideon Lombard is maar net ‘n paar van die bekendes wat al as gaskunstenaars en aanbieders by hierdie geleentheid opgetree het.
Lentetee
Die Hugenote Lentetee met beroemde sprekers wat optree, is ‘n jaarlikse instelling, wat al vir meer as 40 jaar ‘n gesogte byeenkoms op Wellington se sosiale kalender is.
Tegniese Span
Die techiTEAM is ons skool se tegniese span wat opleiding ondergaan en ondervinding opdoen in klank, beligting en ander tegniese aspekte van teater. Lede van die tegniese span is bevoorreg om te werk met van die mees gevorderde toerusting en sagteware in die industrie, onder andere digitale mengbanke, geoutomatiseerde beligting en beligtingsagteware, gevorderde multiskermprojeksies en veel meer.
Blackies 4 Christ
Blackies 4 Christ bied ‘n geestelike tuiste vir baie van ons leerders. Daar is nie net kwantitatiewe groei nie, maar ook ‘n besliste kwalitatiewe groei waar jongmense keuses maak VIR Jesus. Die visie is “Hugenote vir Christus!”. Ons is bevoorreg om elke Woensdag ‘n tydgleuf te hê waartydens die leerders saam geestelik kan groei.
Fotografie
Ons fotografieklub poog om gereeld te vergader. Hier leer ons hoe die kamera werk en ons oefen verskillende tegnieke. Leerders word aangemoedig om foto’s tydens sport- en ander funksies by die skool te neem. Foto’s word op Facebook en Instagram geplaas en ook in ons skoolkoerant gebruik. Daar is ook gereeld fotokompetisies by die skool waaraan leerders kan deelneem.
