Sport
‘n Groot deel van ons bestaan gaan oor die invloed wat jy op ander se lewenspad kan uitoefen. Ons glo dat hoe meer ons ons lewens en loopbane met mekaar deel, wat goeie en moeilike tye insluit, dit geleenthede bied om mekaar positief te beïnvloed. Sodoende kan God ons al meer gebruik om ‘n verskil in mekaar se lewens te maak.
Soos ons sportikoon en oudleerder, Frankie Horne, sê: “One cannot be successful without the backing of our loved ones, team mates and team structures.”
Enige sportwedstryd of kompetisie kan vergelyk word met die reis van die lewe waar jy fisies, emosioneel en geestelik gereed moet wees. Daarom is die woord entoesiasme nog altyd baie spesiaal, want dit is ontleen aan die Griekse woord entheos wat “In God” beteken. Elke ouer, leerder en afrigter berei hulle pad voor met die nodige entoesiasme om ‘n positiewe verskil te maak in mekaar se lewens op die sportveld.
Rugby
Hugenote Hoërskool handhaaf ‘n baie hoë standaard in ons rugbyafrigting en spel. Een van ons afrigters, Lance Sendin, is betrokke by die afrigting van die SA Skolespan. Mnr. Alwyn Burger rig die Boland 7’s- asook die Boland Akademieweek-span af. Verskeie van ons spelers en oudspelers presteer uitstekend. Die mees onlangse voorbeelde is: Gideon Koegelenberg (Melbourne Rebels), Juan de Jongh (Springbok-rugbyspeler), Vincent Koch (Springbok-rugbyspeler) en Frankie Horne wat kaptein was van die SA Sewesspan. Hierbenewens lewer ons jaarliks verskeie provinsiale spelers op.
Netbal
Hugenote beskik oor ‘n baie goedgekwalifiseerde afrigterkorps waaronder vier NSA Vlak 2-afrigters en een nasionale skeidsregter tel. Ons o.18 A-span word in 2022 en 2023 deur Mev. Elizmé Burger afgerig. Ons spelers kry geleentheid om aan streeks- en provinsiale toernooie deel te neem en Hugenote is trots om te sê dat ons ‘n paar provinsiale spelers al opgelewer het. Ons toer graag in die Maart/April vakansie en neem deel aan toernooie soos die Klofie Netbalfees in Pretoria, AJ Sport Week in Mosselbaai, Die Noord/Suid Derby in Worcester en die Paarl Gim netbaltoernooi. Hugenote spog met 19 netbalspanne en glo daaraan om elke dogter die geleentheid te gee om haar netbaltalent te ontwikkel. Netbalklinieke word deur ons passievolle afrigterskorps aangebied om aan fynere vaardighede te werk. Ons glo aan harde werk, holistiese afrigtingsmetodes en om goeie spandinamika te bevorder en te kweek onder afrigters, spelers en ouers.
Seunshokkie
Hugenote se seunshokkiespanne vaar baie goed in hul onderskeie ligas. Al die spanne woon kursusse/toernooie by gedurende die jaar. Talle van ons spelers wat in Bolandspanne opgeneem word, getuig van entoe-siastiese en kundige afrigters wat sorg dat spelers op ‘n hoë vlak kan meeding.
Dogtershokkie
Hugenote het 6 meisiehokkiespanne. Jaarliks word daar spelers gekies vir verskeie Bolandspanne en met die Astro, gaan Hugenote-hokkie van krag tot krag. Jaarliks word daar aan ‘n verskeidenheid van toere/toernooie deelgeneem. Hugenote beskik oor ‘n goed gekwa-lifiseerde afrigterskorps, waar onder andere ons eerstespanafrigter, me. J Mariano, in 2019 vir die CD’s (Country Districts) en SACD A spanne uitgedraf het.
Landloop
Landloop word aangebied as ‘n sport in eie reg. Ons het ‘n groep entoesiastiese atlete wat weekliks deelneem aan landloop-ligabyeenkomste teen die omliggende skole van Paarl en Stellenbosch waar hulle puik presteer. Die hooffokus is die ontwikkeling van individuele atlete. Die landloop dien ook as Winterprogram vir ons middelafstandatlete. Deelname aan wedlope is nie noodwendig gerig op kompetisie nie en baie leerders neem deel bloot vir die pret en vind dan dat die verbetering van hul eie wedlooptye ‘n groot motivering is!
Krieket
Hugenote het vier krieketspanne. Hugenote se krieketspanne vaar baie goed in hulle onderskeie ligas. Die o/19A-krieketspan het tot die kwarteindrondte van Boland se T20 uitklopkompetisie gevorder.
Tennis
Ons tennisspelers word deur HEAT Academy afgerig. Ons is baie opgewonde oor die betrokkenheid van HEAT Academy en weet dat ons tennis net van krag tot krag sal gaan. Wedstryde vind Maandae plaas. Spelers word gereeld geëvalueer, op ‘n ranglys geplaas en daarvolgens in spanne opgeneem. Ons neem aan verskeie toernooie deur die jaar deel tot so ver soos Cradock in die Oos-Kaap. Ons lewer elke jaar ‘n paar provinsiale spelers op.
Atletiek
Hugenote Hoërskool is ‘n top-atletiekskool en lewer jaarliks atlete wat aan die Nasionale atletiekbyeenkoms deelneem. Ons hoë standaarde word toegeskryf aan kwaliteit afrigting en toegewyde atlete. Ons streef daarna om elke atleet tot hulle volle potensiaal te ontwikkel en voor te berei vir die uitdagings daar buite. Die afrigters woon gereeld kursusse en seminare by om met die nuutste tegnieke en tendense rekening te hou om sodoende die bes moontlike geleenthede vir Hugenote se atlete te bied.
Chess
Huguenot’s chess team competes against other schools on a weekly basis. Some of our players also represent Boland regularly. Three of our players played in the SA Tournament in January 2020.
Tweekamp
Entoesiastiese en kundige afrigters sorg dat ons tweekampatlete gereeld puik prestasies behaal. Ons lewer jaarliks verskeie provinsiale atlete op en kan dikwels met Boland en Suid-Afrikaanse kampioene in hierdie sportsoort spog.
Swem
Ons neem deel aan verskeie galas in die Boland-streek gedurende die eerste en vierde kwartale, onder andere interskole teen Swartland, ‘n 6-hoekige gala, Frank Myburgh Twilight gala, sowel as ander kleiner en aflosgalas. Hugenote beskik oor ‘n 25m swembad met vyf bane en professionele afrigting word behartig deur mnr. Etienne van der Merwe. Daar is jaarliks swemmers wat kwalifiseer vir wimpels, halfkleure en erekleure weens hul deelname en prestasie by streekgalas.
Muurbal
Muurbal word as wintersport aangebied. Ons maak gebruik van die dienste van ‘n muurbalafrigter en oefeninge word aangebied by die dorp se muurbalbane. Spelers kan ook aan ander spansport deelneem aangesien die oefentye so opgestel is dat deelname aan ander sportsoorte moontlik is.