Huis Hugenoot
Ons streef daarna om Huis Hugenoot ‘n huis te maak waar ongeveer 100 seuns en dogters veilig en gelukkig op die skoolterrein kan woon en hul aktiwiteite beoefen. Die voordeur van die koshuis is 80 meter vanaf die skool se voordeur en langs ‘n 25 meter swembad wat leerders die geleentheid gee om aan alle skool- en ontspanningsaktiwiteite deel te neem.
Ons beskik oor ‘n ontspanningslokaal met ‘n TV met DSTV, sowel as ander ontspanningsgeriewe. Die studiesaal is toegerus met lugreëling en daar is rekenaars met Wifi. Al ons badkamers is gemoderniseer en ontlok baie komplimente van almal wat in die koshuis tuisgaan.
Our children come from faraway places: Namibia, the Northern Cape as well as areas closer to Wellington. We are grateful and proud that our boarders play an important role in all aspects of school life. We have strict selection criteria, ensuring that our hostel is filled with quality Huguenot learners.
Leerders het ook die geleentheid om aan aktiwiteite buite die skool deel te neem, bv. perdry en fietsry. Koshuisleerders wat kuns as vak neem, word ook teen betaling deur die skool na die kunssentrum in die Paarl vervoer. Leerders wat ander spesiale vervoerbehoeftes het, word op ‘n ad hoc-basis hanteer.
Die skool het ‘n uitnaweekbusdiens wat teen vergoeding Noord-Kaap-leerders (Eendekuil/Piketberg, Citrusdal, Clanwilliam, Klawer, Van Rhynsdorp, Nieuwoudtville en Calvinia) huis toe neem.
Ons skep ‘n veilige en ondersteunende atmosfeer vir al ons leerders waarin hulle kan floreer. Leerders word gereeld op uitstappies geneem en ons probeer hulle so dikwels as moontlik oor naweke bederf.
Ons streef na ‘n balans tussen ferm, opbouende dissipline en ‘n lekker ontspanne atmosfeer.
Gedragskode
Laai af >> Gedragskode Koshuis 2025
Telefoon
Kombuis: 021-873-1120
Superintendent: 021-873-1120 of 074 716 7598
Koshuis Personeel
Koshuishoof
Epos
Koshuisbestuurder
Epos
Superintendent
Epos
Koshuisvader
Epos
Koshuismoeder
Epos
Diensdoenende Personeellid
Epos
Diensdoenende Personeellid
Epos
Diensdoenende Personeellid
Epos
Diensdoenende Personeellid
Epos
Aflos: Diensdoenede Personeellid
Epos
Diensdoenede Personeellid
Epos
Aflos: Diensdoenede Personeellid
Aflos: Diensdoenede Personeellid
Epos
Koshuiswerker
Koshuiswerker
Koshuiswerker
Koshuiswerker
Koshuiswerker
Koshuiswerker
Koshuiswerker
Koshuiswerker
Koshuiswerker
